Saturday, 22 June 2013

Maklike kuierkos idees


Dis my eerste probleerslag vanaand, wil net so bietjie toets hoe als werk.  Eks hier van Carnarvon in die Noord-Kaap en met die Square Kilometre Array of SKA vir kort, is hier baie nuwe ontwikkelinge en mense wat in die dorp is.

Ondere andere het my ma n gastehuis en ek doen die spyseniering vir die mense wat in die gastehuis tuisgaan.  Op die oomblik is daar 3 permanente inwoners in 1 van die gastehuise wat elke oggend kospakkies kry en in die aande n aandete geniet!

Verder doen ek ook troues en ander funksies wat hier in die Karoo mag plaasvind.

Aangesien hulle oor n lang tydperk by die gastehuis bly, moet ek gereeld nuwe eetplanne uitwerk en dit is wat ek hierop wil deel.

Vir die 1ste menu, die 24ste Junie 2013 het ek die volgende gedoen.

  • Baksakkie skenkels
  • Rys
  • Roebraai groente
  • Gebakte aartappel
  • Butternut met kaneel gebak
                                           Baksakkie skenkels: heerlik vir koue Karoo aand
RESEP:

Bestandele:
  • 1,5 kg lamskenkels
  • 1 E Dijon mostert
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 10 Piekel uie
  • 1/2 rooi pepper
  • 1/2 geel pepper
  • Sout en swart peper
Metode:

Smeer die vleis baie goed in met mosterd, speserye en soppoeier
Sit in baksakkie en seel die sakkie - prik die sakkie met 3 gaatjies
Bak vir 1 1/2 uur in oond
haal uit en voeg die uitjies en die peppers by
bak vir 'n verdure 30 minute
Haal vleis uit in opdien bak



No comments:

Post a Comment