'n Baie koue dag in die karoo en ek het dadelik aan Bobotie gedink
Bobotie is eie aan Suid-Afrika en kom al dekades aan ons skaaf maar net altyd graag aan 'n resep en hier is 'n heerlike Bobotie resep
Bestandele:
30 ml olie
2 uie gekap
2 knoffel huisies fyngedruk
15 ml kerriepoeier
5 ml boriie
5 ml koljander
5 ml komyn
5 ml gemmer
5 ml kaneel
1k g maelvleis
sout en varsgemaalde swartpeper
30 ml suurlemoensap
30 ml appelkooskonfyt
60 ml chutney
30 ml sagte bruinsuiker
30 ml worcestersous
30 ml tamatiepasta
2 snye witbrood geweek in water
250 ml gerasperde appel
Bolaag:
500 ml melk
4 eiers
sout en peper
Metode:
Voorverhit die oond na 180 grade.
Braai die uie en knoffel in olie en voeg dan die speserye by en braai vir 1 minuut
Voeg die maelvleis by en braai tot bruin
Gooi die res van die bestandele by en prut vir verdure 45 minute
Skep die bobotie uit in wit oondbak en gooi die bolaag bo-oor
Bak vir verdure 40 minute tot bolaag gestol is
Sit voor saam met Geelrys
Soetpatats
Blomkool en broccoli met kaassous
No comments:
Post a Comment