Tuesday, 3 September 2013
Bief Stroganoff met sampioene
Lewer 5 Porsies
25 ml kookolie
1 kg beesblokkies (ek het dit met die repies vervang)
10 ml fyn paprika
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml sjerrie
50 ml botter of margarien
1 ui, gekap
15 ml gekapte vars knoffel
1 pakkie sampioene grof opgesny
40 ml vars pietersielie
250 ml room
Verhit die olyfolie in 'n pan op die stoof en braai die vleis oor baie hoë hitte daarin.
Voeg die paprika by en geur met sout en peper.
Braai tot goudbruin en voeg dan die sjerrie by en laat prut vir 'n paar minute en haal uit en hou eenkant.
Verhit die botter in groterige kastrol en braai die ui en knoffel daarin sag.
Voeg die sampioene en pietersielie by en braai tot gaar is.
Voeg die vleis en room by en laat weer warm word
Sit voor met gemengde groente en kapokaartappels.
Ns. Baie lekker "mash" as jy helfte aartappel en helfte patat saam kook en fyn maak
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment