My pa het Dave Stewart dae in Carnarvon gehou en Springbokke soos Danie Gerber, Groot Schalk, Rob Louw het Carnarvon besoek vir 'n groot rugby dag.
Ons nooi toe 'n paar van sy vriende soos oom Johny, tannie Elsa, Gys , Piet en Charmaine vir 'n heerlike kuieraand by my ma se Gastehuis en het almal baie lekker gekuier
Die spyskaart wat ek voorgesit is as volg:
Sampioen sop
Broccoli en Peer sop ( by Marie Vorster gekry en almal is gaande daaroor)
Hoender en Sampioen Souttert
Salami en kaas tert met caramel uie
Gerookte snoek en soetrissie tert
Tuisgebakte brode
Brood gevul met songedroogde tamaties en olywe
Tuisgebakte broodrolletjies
Mini rooifluweel cupcakes
Rumballs
Skuimpies
Hoender en sampioen Souttert
Bestandele:1 ui gekap
15 ml olyfolie
250 g ontbytspek , gekap
1 heel hoender, fyngemaak
1 houer sampioene , gekap
500 ml gerasperde cheddarkaas
vars pietersielie, gekap
125 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
sout en peper na smaak
3 eiers
190 ml melk
5 velle fillo deeg
Metode:
Voorverhit die oond tot 160 grade
Verf die fillo velle een vir een met gesmelte botter en pak opmekaar
Voer gesmeerde tertbak uit met die velle
Braai die ui en bacon en voeg sampioene by
Voeg die mengse by die hoendervleis, kaas, pietersielie, koekmeelblom , bakpoeier en sout en peper.
Klits die eiers en melk saam , giet oor die hoendermengsel en meng deeglik.
Skep die mengse in die bak en versprei eweredig
Bak vir 20 minute of tot fillo deeg goudbruin is en sit daarna tinfoil liggies oor vir 'n verdure 25 minute.
No comments:
Post a Comment