Wat 'n heerlike dag in die veld saam met die familie - Piet en Charmaine het vir hulle lammersterte en wors gebraai met tuisgemaakte roosterkoeke wat die Kapenaars baie geniet het . Laatmiddag het almal weer teruggekeer dorp toe waar die Stormers en Cheetah begin speel het.
Halftyd was die manne honger en die volgende Spyskaart het ek voorgesit
Gevulde Lamsboud met kruie en maalvleis
Gerolde Hoender met feta, spinasie en bacon
Gemsbokpastei
Gebraaide aartappels
Soetpatats met anys sade
Gemengde groente op Koes-koes met tamatie smoor
Die Poeding was Klam Sjokolade koek
Klam Sjokolade koek
Bestandele:
1 k koekmeel
60 ml kakao
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
125 ml kookolie
125 ml kookwater
4 eiers geskei
Stroop
180 ml ideal melk
125 ml suiker
Bolaag
100 g donkersjokolade
60 ml ideal melk
Metode:
Voorverhit die oond na 180 grade
Klits kookwater en olie goed saam
Sif die droebestandele
Skei die eiers
Meng die eiers, vloeistof en droe bestandele goed saam
Klits eierwitte styf en vou in
Skep in 2 ronde koekpanne
Bak vir 25 - 30 minute
Berei solank die stroop voor
As die koek uit die oond kom prik 'n paar gaatjies en gooi dadelik stroop oor
Laat afkoel in die pannetjies en haal dan uit
Smelt sjokolade en idealmelk vir die bo-laag en smeer oor koeke
Krummel Flake bo-oor
Baie, baie lekker
No comments:
Post a Comment