Hemelse Steak
Dit is sowaar soos die naam daar se !!!!!! Ek het hierdie resep by my skoonma gekry en dadelik probeer -
Ek het dit bedien met kapokaartappels en Mengelslaai
Hemelse steak
Bestandele:
4-6 stukke tenderised steak, in blokkies gesny en sout en peper gespesery
1 groot uie gesny , gebraai
1 pakkie sampioene gesnipper en gebraai saam met die uie
1 pak bruin uiesop
200 ml melk
200 ml room
1 E Worcestersous
1 E chutney
1 E tamatiesous
1 k gerasperde kaas
15 ml vars Pietersielie gekap
Voorverhit die oond na 180 grade
Spuit die bak met spray & Cook
Rol die steak in koekmeel en pak saam met die uie en sampioene om die beurt in die oondbak
Meng die res van die bestandele en gooi bo-oor
Bedek met foil en bak in voorverhitte oond vir 30 minute
Haal die foil af en rasper kaas bo-oor en strooi pietersielie oor
Bak vir verdere 15 minute
Sit verkieslik dadelik voor
No comments:
Post a Comment