Sondag 7 Julie 2013
Ek het in die week met 'n vriendin gepraat en sy se toe hulle eet Kerrie - dadelik het ek my resepte boeke uitgehaal geweet die tyd is te min vir skaapvleis en op hierdie Kerriehoender resep afgekom.
Kerriehoender in baksakkie
bedien met kerrieaartappels
Rys
Gemengde groente in die oond gebak
Kerrie Hoender
Wenresepte 2000
Bestandele:
1 Heel hoender in porsies gesny
Sout en Peper
1 ui in ringe gesny
Kerriemengsel:
12,5 ml matige Kerrie poeier
5 ml borrie
1 E vrugte blatjang
12,5 ml olie
10 ml suiker
5 ml asyn
Metode:
Voorverhit die oond na 180 grade
Smeer die hoender met die kerriemengsel en spesery
Pak in baksakkie met die uie bo-op
Prik die sakkie gaatjies en verseel
Bak vir 1 uur in baksakkie
Verlaag die temperatuur na 160 grade
haal uit baksakkie en bak vir verdere 30 minute
No comments:
Post a Comment