Thursday, 4 July 2013

Maandag 1 Julie

Wat 'n dag !! Stilte na die storm - vanaand is my spyskaart as volg

Koos se Roomvis
Kapokaartappels
Soetworteltjies
In die somer bedien ek mengelslaai daarby

 
                                         
                                                  Roomvis

Bestandele:
                                              
5 x medium Hake fillets
1 x 250 ml room
1 x bruinuiesoppoeier
1 x k kaas
1 x klein samba kaas en uie chips
1 e vars pietersielie gekap

Medtode:

Voorverhit die oond na 180 grade
Spuit die oondbak
Pak vis kopstert langs mekaar en spesery met aromat, visspeserye en swart peper
Meng room met 50 ml melk en die bruinuiesop
Gooi bo-oor die vis
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Gooi fyngedrukte chips bo-oor
Sprinkel die pietersielie bo-oor

Bak in oond 30 minute en eet dadelik

No comments:

Post a Comment