Thursday, 25 July 2013

Pasta dag


Pasta dag

So wag ek en Riana Saterdag vir Saterdag saam met die mans vir die duiwe om huis toe te kom ! Ons besluit toe om "home made pasta" te probeer en ja al wat ek kan sê as dit jou eerste keer is sukkel jy baie maar die spreekwoord sê mos nie verniet aanhouers wen.  Dit was baie pret - ek , Riana en Em-ja het hande bygesit.







Ons het 2 souse bygemaak:

Riana 'n heerlike mosselsous met room en ek 'n Bacon en kaassous met room - ek kan ongelukkig nie die resepte met julle deel ons het dit sommer so uit die kop gemaak.  Ek deel graag die pasta resep en  as jy weer by die groot winkels kom @Home hou die masjiene aan .

Pasta resep:

300 g meel
3 eiers
3 E water

Maak holte in die meel en breek die eiers daarin
Voeg die water by en meng totdat dit 'n deeg vorm
Nou begin jy knie  - Chante het gesê jy knie tot jy sweet maar dit is regtig waar
Laat rus die deeg vir 30 minute voor jy begin rol
Die belangrikste is jou deeg moet gedurig vol meel wees anders sit dit vas aan die masjien

 

No comments:

Post a Comment