Sunday 18 August 2013

Mielie soufle

Ek het hierdie resep by Atelle Steenkamp gekry en almal is gaande daaroor

Ek het myne bedien met die volgende:

Kerriehoender
Aartappel wiggies met paprika, swartpeper en growwe sout
Broccoli met kaassous
Mielie soufflé


Mielie soufflé

Bestandele:

2 Blikkies geroomde suikermielies
4 Eiers
60 ml margarine gesmelt
60 ml Suiker
60 ml Bruismeel
5 ml bakpoeier

Metode:

Ek gebruik net 1 mengbak
Smelt die botter in mikrogolf
Meng die mielies met die botter
Gooi die eiers geklop by
Meng droebestandele by en siedaar

Ek bak myne in ramekins vir 30 minute of in groter bak vir 40 minute



No comments:

Post a Comment