Sunday 18 August 2013

Riana se Hoenderpot

Wat 'n koue week het ons nie in Carnarvon - die gastehuis is besig en my tyd voor die Rekenaar  word al hoe minder - dit is Sondag en ek doen vandag niks behalwe om te blog

'n Vriendin van my het hierdie resep met my gedeel

Al wat jy by hierdie hoenderpot bedien is rys !!!
                     
                                                            Riana se Hoenderpot

Bestandele:

Ongeveer 2 kg hoender in porsies gesny
1 ui opgekap
1 E appelkooskonfyt
1 pakkie vars sampioene  (heel)
12 Baba aartappels
250 ml room
150 ml melk
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 pakkie Oxtail soppoeier
Sout en Peper na smaak

Metode:

Braai die ui vir 5 minute en voeg dan die konfyt by
Voeg hoenderstukke by en braai tot verbruin
Spesery die hoenderpot
Kook Hoender verder in min water tot sag maar nie van die been af
Voeg aartappels by en daarna die sampioene kook tot aartappels sag is
Meng intussen die room, melk en soppoeiers
Gooi bo-oor die hoender en kook vir verdere 15 minute

Dien op met pietersielie bo-oor gestrooi

No comments:

Post a Comment