Tuesday 3 September 2013

Bief Stroganoff met sampioene



Lewer 5 Porsies

25 ml kookolie
1 kg beesblokkies (ek het dit met die repies vervang)
10 ml fyn paprika
sout en varsgemaalde swartpeper
50 ml sjerrie
50 ml botter of margarien
1 ui, gekap
15 ml gekapte vars knoffel
1 pakkie sampioene grof opgesny
40 ml vars pietersielie
250 ml room

Verhit die olyfolie in 'n pan op die stoof en braai die vleis oor baie hoë hitte daarin.
Voeg die paprika by en geur met sout en peper.
Braai tot goudbruin en voeg dan die sjerrie by en laat prut vir 'n paar minute en haal uit en hou eenkant.
Verhit die botter in groterige kastrol en braai die ui en knoffel daarin sag. 
Voeg die sampioene en pietersielie by en braai tot gaar is.
Voeg die vleis en room by en laat weer warm word
Sit voor met gemengde groente en kapokaartappels.

Ns.  Baie lekker "mash" as jy helfte aartappel en helfte patat saam kook en fyn maak

Monday 2 September 2013

Geroosterde knoffel en Suurlemoen Hoender

Geroosterde Knoffel en Suurlemoen Hoender




Lewer 8 Porsies

12  Hoenderstukke
5 ml gamaalde komyn
5 ml vinkelsaad
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 knoffelknol in huisies verdeel, ongeskil
2 Vars suurlemoene, in kwarte gesny
'n handvol tiemieblare, ruweg van die stingels afgestrek
45 ml olyfolie
125 ml witwyn
6 aartappels, ongeskil in kwarte gesny

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 grade
Sit die hoenderstukke in 'n oondpan, geur met komyn, vinkel, sout en peper en voeg die knofferlhuisies, knoffel en tiemie by.
Voeg die olie by en meng dit met jou hande deur die hoender, suurlemoene en knoffel.
Sprinkel die wyn, sout en peper oor.  maak die pan dig met foelie toe en bak vir 2 uur
Haal uit en druk die gaar aartappels tussen die hoenderstukke in.
  Verhoog die temperatuur tot 200 grade en bak vir 15 minute sonder die foelie

Butternut Sop met 'n Twist


Butternut sop met Coconut milk

Bestandele:

500 g Butternut in blokkies gesny
500 ml Hoenderaftreksel
15 ml Matige Kerrie
1 Blik Coconut milk
Growwe sout en peper na smaak
Sap van 3 suurlemoene

Metode:

Kook butternut, aftreksel en Kerrie met speserye tot sag
Verpulp die sop
Meng met Coconut milk en suurlemoensap
Kook sop weer net voor opdiening

Bedien met Mini - Tuisgebakte broodjies

Sunday 18 August 2013

Mielie soufle

Ek het hierdie resep by Atelle Steenkamp gekry en almal is gaande daaroor

Ek het myne bedien met die volgende:

Kerriehoender
Aartappel wiggies met paprika, swartpeper en growwe sout
Broccoli met kaassous
Mielie soufflé


Mielie soufflé

Bestandele:

2 Blikkies geroomde suikermielies
4 Eiers
60 ml margarine gesmelt
60 ml Suiker
60 ml Bruismeel
5 ml bakpoeier

Metode:

Ek gebruik net 1 mengbak
Smelt die botter in mikrogolf
Meng die mielies met die botter
Gooi die eiers geklop by
Meng droebestandele by en siedaar

Ek bak myne in ramekins vir 30 minute of in groter bak vir 40 minute



Warm Lemoenpoeding

Wat 'n heerlike nagereg - ek bak myne is Muffin pannetjies en dit vries baie goed !!

 
Ouma Piet se Lemoen Poeding
 


Bestandele:

1, 5 k Koekmeel
1,5 t Bakpoeier
1/4 t Sout
1 k  Suiker
3/4 k Melk
3 Eiers
4 E Botter

Stroop:

2 k Suiker
1 k Water
1 k Lemoensap
2 E Botter

Metode:

Klits eiers en suiker saam tot romerig
Kook die melk en smelt botter daarin
Sif droe bestandele saam
Voeg afgekoelde melk en bottermengsel om beurt by droebestandele

Skep in gesmeerde Muffin pannetjies en bak vir 15-18 minute
Haal dadelik uit die oond en gooi die warm stroop bo-oor

Stroop bestandele word almal saam gekook

Bedien met tuisgemaakte vla



 
 

Riana se Hoenderpot

Wat 'n koue week het ons nie in Carnarvon - die gastehuis is besig en my tyd voor die Rekenaar  word al hoe minder - dit is Sondag en ek doen vandag niks behalwe om te blog

'n Vriendin van my het hierdie resep met my gedeel

Al wat jy by hierdie hoenderpot bedien is rys !!!
                     
                                                            Riana se Hoenderpot

Bestandele:

Ongeveer 2 kg hoender in porsies gesny
1 ui opgekap
1 E appelkooskonfyt
1 pakkie vars sampioene  (heel)
12 Baba aartappels
250 ml room
150 ml melk
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 pakkie Oxtail soppoeier
Sout en Peper na smaak

Metode:

Braai die ui vir 5 minute en voeg dan die konfyt by
Voeg hoenderstukke by en braai tot verbruin
Spesery die hoenderpot
Kook Hoender verder in min water tot sag maar nie van die been af
Voeg aartappels by en daarna die sampioene kook tot aartappels sag is
Meng intussen die room, melk en soppoeiers
Gooi bo-oor die hoender en kook vir verdere 15 minute

Dien op met pietersielie bo-oor gestrooi

Thursday 25 July 2013

Varktjops met Chicken a la King sous

So met die jagseisoen kook ons maar almal ons wildsvleis af vir heerlike wildspasteie.
Ek gebruik sommer skilferkors wat ek in die winkels koop en rol dit net effens uit.  Nataniël het een aand op sy kookprogram gesê " Moenie jou skilferkors heel smeer met die eiergeel nie anders lyk dit soos 'n antie met 'n geel rok".  Ek smeer my pastei maar los 'n paar wit gedeeltes oop.

My spyskaart van die aand

Wildspastei met Skilferkors
Varktjops met Chicken a la King sous
Rys
Gebraaide aartappels
Oondgebakte groente
Pampoenkoekies met stroop  (dit is weer 'n resep vir 'n ander dag)



Varktjops met sous:

6 Vark loin tjops
1 pakkie Chicken a la King
1 Ui in ringe gesny
1 pakkie sampioene gesnipper
500 ml melk

Metode:

Braai die tjops in 'n braaipan tot bruin aan albei kante
Geur met sout en peper en hou eenkant
Braai die uie tot deurskynend en voeg die sampioene by
Maak die pakkie sous aan met die melk en gooi by uiemengsel tot verdik
Gooi oor varktjops en bak in die oond vir 20 minute toe .
Maak kasserol oop en bak vir verdere 15 minute.

Ns.  Ons is baie gelukkig in Carnarvon om al ons produkte plaaslik te koop -